Aleksei Nawalni

Aleksei Nawalni
Алексей Навальный
Nawalni in 2013
Gebore
Aleksei Anatoljewitsj Nawalni

(1976-06-04)4 Junie 1976
Sterf16 Februarie 2024 (op 47)
Charp, Jamalië
NasionaliteitRussies
BeroepRegsgeleerde, aktivis, politikus
Politieke partyProgressiewe Party
EggenootJoelija Nawalnaja
Kinders2
Webwerfnavalny.com

Aleksei Anatoljewitsj Nawalni (Russies: Алексе́й Анато́льевич Нава́льный; 4 Junie 1976 - 16 Februarie 2024) was ’n Russiese regsgeleerde, politikus en finansiële aktivis.[1] Hy het sedert 2009 in Rusland bekend geraak as ’n vegter teen korrupsie en ’n kritikus van president Wladimir Poetin.

Hy het al groot demonstrasies gehou om demokrasie te bevorder en val dikwels politieke korrupsie asook Poetin se politieke bondgenote aan. In 2012 het die The Wall Street Journal hom beskryf as "die man vir wie Poetin die meeste vrees".[2]

In Desember 2023 het Nawalni vir byna drie weke uit die tronk vermis geraak. Hy het weer in 'n regstellende kolonie in die Jamalo-Nenetsië outonome okroeg in die Arktiese Sirkel te voorskyn gekom.[3][4] Op 16 Februarie 2024 het die Russiese gevangenisdiens berig dat Nawalni op die ouderdom van 47 gesterf het.[5][6] Sy dood het betogings veroorsaak, beide in Rusland en in verskeie ander lande, en beskuldigings teen die Russiese owerhede in verband met sy dood is deur Westerse regerings en internasionale organisasies gemaak.

  1. Carl Schreck (9 Maart 2010). "Russia's Erin Brockovich: Taking On Corporate Greed". Time (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Augustus 2013. Besoek op 9 Februarie 2011.
  2. Matthew Kaminski (3 Maart 2012). "The Man Vladimir Putin Fears Most (the weekend interview)". The Wall Street Journal (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2013. Besoek op 31 Julie 2012.
  3. Trevelyan, Mark (11 Desember 2023). "Navalny aides says he has disappeared within Russia's prison system". Reuters. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2023. Besoek op 25 Desember 2023.
  4. "Алексея Навального доставили в ИК-3 в Ямало-Ненецком автономном округе. С ним не было связи почти три недели". Meduza (in Russies). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2023. Besoek op 25 Desember 2023.
  5. Sullivan, Helen; Roth, Andrew (16 Februarie 2024). "Russian activist and Putin critic Alexei Navalny dies in prison". The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Februarie 2024. Besoek op 16 Februarie 2024.
  6. "Адвокат Навального сообщил о последнем визите к нему" [Navalny's lawyer announced his last visit to him]. РБК (in Russies). 16 Februarie 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Februarie 2024. Besoek op 16 Februarie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search